Michael E. Brown

Mike Brown
Gebore5 Junie 1965 (1965-06-05)
Huntsville, Alabama
NasionaliteitAmerikaans
Alma materPrinceton-universiteit
UC Berkeley
BeroepSterrekundige
Bekend virOntdekking van Eris en ander trans-Neptunus-voorwerpe
How I Killed Pluto and Why It Had It Coming
EggenootDiane Binney
Kinders1
Webwerfwww.gps.caltech.edu/~mbrown/

Michael E. Brown (gebore 5 Junie 1965) is ’n Amerikaanse sterrekundige wat sedert 2003 ’n professor in planetêre astronomie is by die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie (Caltech).[1] Sy span het baie trans-Neptunus-voorwerpe (TNV's) ontdek, insluitende die dwergplaneet Eris. Aanvanklik is geglo dit is groter as Pluto, en dit het ’n debat laat ontstaan oor die definisie van "planeet".[2]

Hyself en ander het al na hom verwys as die man wat "Pluto doodgemaak" het,[3][4] omdat hy daartoe bygedra het dat Pluto afgegradeer is na ’n dwergplaneet ná die ontdekking van Eris en verskeie ander moontlike dwergplanete anderkant Neptunus. Hy is die skrywer van How I Killed Pluto and Why It Had It Coming, wat in 2010 gepubliseer is. Hy het in 2012 die Kavli-prys gewen (saam met Jane X. Luu en David C. Jewitt) “vir die ontdekking en karaktisering van die Kuipergordel en die grootste voorwerpe daarin, werk wat gelei het tot ’n groot hupstoot in die begrip van die geskiedenis van ons planetêre stelsel”.

  1. Brown, Michael. "Curriculum vitae" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2014. Besoek op 25 Augustus 2006.
  2. Brown, Michael E.; Schaller, Emily L. (15 Junie 2007). "The Mass of Dwarf Planet Eris". Science. 316 (5831): 1585. Bibcode:2007Sci...316.1585B. doi:10.1126/science.1139415. PMID 17569855. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  3. Brown, Mike (2010). How I Killed Pluto and Why It Had It Coming. ISBN 0-385-53108-7.
  4. Astronomer Who ‘Killed’ Pluto to Present Annual Science Lecture. Sarah Lawrence College – News and Events. 13 April 2009, besoek op 11 Januarie 2011

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne